Dance the World - Oranje-Noord dansers skitter in Frankryk
Dansers van Laerskool Oranje-Noord. (Foto’s verskaf)

Dance the World – Oranje-Noord dansers skitter in Frankryk


Dance the World. Dance de Lou International Dance Academy het onlangs weer sy merk gemaak op die wêreldverhoog. Drie leerlinge van Laerskool Oranje-Noord is gekies om Suid-Afrika te verteenwoordig by Dance The World se internasionale spoggeleenthede in Frankryk.

Na afloop van oudisies is die volgende drie leerders vir die SA-span gekies:

  • Amari Faber
  • Anrieke Scholtz
  • Jeanine Visser

Hulle het deelgeneem aan Disneyland Paris se bekende glansryke parade. In Parys neem hulle deel aan die Broadway-styl vertoning op die dak van die Musée du Quai Branly met die ikoniese Eiffel-toring as agtergrond.

Die drie Rooibye was deel van ’n geselskap van 865 dansers van regoor die wêreld wat ná streng oudisies gekies is om aan hierdie unieke geleenthede deel te neem.

Met hul talent en toewyding het Oranje-Noord se dansers bewys dat Rooibyland se sterre helder skyn, selfs op die internasionale verhoog.

https://www.oranjenoord.co.za/

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article