Van Punt tot Piek – Dis is die storie van die netbalster Zoë Vallentyn van Hoërskool Punt. Sy het ‘n ongelooflike pad gestap vanaf streekverteenwoordiging tot nasionale glorie.

Van 7–11 Julie het Zoë die Wes-Kaap se o.18-span tydens die Telkom Nasionale Netbalkampioenskappe verteenwoordig, ’n prestasie op sigself. Maar sy het verder gedruk – haar naam is pas aangekondig as deel van die Suid-Afrikaanse o.19 Netbalspan wat in Desember aan die Region 5 Games gaan deelneem!

Met haar talent, harde werk en merkwaardige deursettingsvermoë bewys sy dat drome leefbaar is – Van Punt tot Piek. Sy is nie net ’n sportikoon nie, maar ook ’n inspirasie vir elke leerder aan Hoërskool Punt.

Punt is ongelooflik trots op jou, Zoë – gaan wys die wêreld waarvan jy gemaak is!

Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/

https://www.pointhighschool.co.za/

Foto voorsien

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article