Uitstaande Matriekuitslae – Hoërskool Linden, Randburg deel met trots hul matrieks se uitstaande matriekuitslae. ‘n Totaal van 345 A-simbole is behaal wat ‘n gemiddeld van 2,36 A’s per leerder is!

94,52% van die leerders kwalifiseer vir verdere studies. Hoërskool Linden spog met ‘n ongelooflike 99,3% slaagsyfer.

Die top 5 Presteerders is:

  • Ben Coetzee – Dux-leerder van 2024 behaal ‘n uitsonderlike prestasie van 8 A simbole en ‘n gemiddeld van 94%.
  • Ivan Scheltema behaal 9 A simbole met 93,85%
  • Thyra Conradie behaal 8 A simbole met 93,57%
  • Siegfried Mare behaal 8 A simbole met 91,71%
  • Jayden Breytenbach behaal 7 A simbole met 91,57%
Uitstaande Matriekuitslae - Hoërskool Linden

Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/

https://linden.co.za/

Foto’s voorsien

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article