Uitsonderlike Matriekprestasies – Langenhoven Gimnasium, Oudtshoorn het weereens sy akademiese trots bevestig. Matriekklas van 2025 het met uitsonderlike matriekprestasies in die Nasionale Senior Sertifikaat-eksamen presteer. Die skool spog met ‘n 100% slaagsyfer, en ‘n indrukwekkende 91.04% van die leerlinge het kwalifiseer vir Baccalaureusgraadstudies.

Die toppresteerders van die 2025 matriekklas is Theuns Venter, wat ‘n merkwaardige 92.14% gemiddeld behaal het met 7 onderskeidings. Kort op sy hakke volg Nika Potgieter met 91%, en Annamé du Plessis 89,71, albei met 7 onderskeidings elk.

Toppresteerders

Die Toppresteerders lys is as volg:

#NaamPersentasieOnderskeidings (A’s)
1Theuns Venter92.14%7 A’s
2Nika Potgieter91%7 A’s
3Annamé du Plessis89.71%7 A’s
4Anli Emmerich83.14%5 A’s
5Richelle Myburgh83%5 A’s
6Johané Marais82.86%5 A’s
7Malan Nortier82.14%5 A’s
8Lynne Heholdt81%5 A’s
9Caralize Kritzinger80.57%4 A’s
10Danielle Retief80.43%3 A’s
11Esti Huggett80.29%5 A’s
12Denieke Fryer80.00%3 A’s
13Sarel van den Heever79.29%5 A’s
14Janka Byleveld79.14%3 A’s
15Hanco Visser78.29%3 A’s
16Roux Delport77.71%3 A’s
17Luzandri Kuyler77.29%4 A’s
18Carmé Botha76.86%4 A’s
19Layla Hendricks76.86%2 A’s
20Christiaan Stover76.86%3 A’s
21Lindsy Nortier76.71%4 A’s
22Janes van der Merwe76.43%3 A’s
Leerdergemiddeldes
  • 100% slaagsyfer
  • 91.04% van die klas het geslaag met vrystelling tot Baccalaureusgraadstudies
Vaksimbole
  • A’s (onderskeidings): 122
  • B’s: 37
  • C’s: 42
  • D’s: 35
  • E’s: 5
  • NS (Nasionale simbole): 182

Die uitslae getuig van harde werk, toewyding en die hoë onderrig standaarde van die skool. Langenhoven Gimnasium is trots op elke matrikulant wat hul volle potensiaal bereik het.

Mag julle net voorspoed beleef met julle toekomsplanne.

https://schoolsthatrock.co.za/

https://langenhovengim.co.za/

Foto voorsien

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article