Talent of Africa Danskompetisie. Ané Joubert, ‘n trotse leerder van Hoërskool Sentraal in Bloemfontein, het haar naam die afgelope week in helder letters op die dansbaan geskryf.
Op 21 Augustus het Ané aan die Talent of Africa Danskompetisie se streeksrondte deelgeneem. Sy kwalifiseer vir die nasionale vlak, wat tydens die Septembervakansie plaasvind. Haar uitstekende prestasies sluit die volgende in:
- Contemporary behaal sy Goud
- Hip Hop verwerf sy Super Silwer
- Musical ook Super Silwer
- Tap behaal sy Super Silwer
Maar dit was nog nie al nie. ‘n Dag later, op 22 Augustus, het Ané ook aan die nasionale rondte van die Con Spirito-kompetisies in Johannesburg deelgeneem en daar haar nasionale posisie verwerf.
Twee dae, twee kompetisies, en ‘n stemmige bewys dat harde werk en toewyding vrugte afwerp.
“Hoërskool Sentraal is trots op jou, Ané — ons hou duim vas vir die nasionale rondte in September!”
Foto verskaf






