Hoërskool Duineveld, Upington, is ongelooflik trots op oud‑Veltie Rayno Nel, wat die afgelope naweek die Ministeriële Toekenning vir Uitnemendheid in Sport ontvang het.

Rayno se merkwaardige prestasies, harde werk, dissipline en deursettingsvermoë maak hom ’n ware inspirasie. Hy het geskiedenis geskryf as die eerste Afrikaan en Suid‑Afrikaner om die World’s Strongest Man‑titel te verower – en hy hou steeds aan om grense te verskuif op die wêreldverhoog.

Ons eer jou, Rayno, en is trots om jou ’n oud‑Veltie te noem.

Duineveld – geleentheid tot uitnemendheid.

https://duineveld.co.za/

Foto verskaf

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article