Die Velties het met vasberadenheid, harde werk en daardie kenmerkende Veltie-gees hul merk op die netbalbaan gemaak tydens die Groot Netbal Interjol 2026. Hoërskool Duineveld se spanne het alles gegee en 7 van die 12 wedstryde gewen – ’n prestasie wat die rooi, wit en blou met trots laat skitter!
Uitslae
- o.19A: Velties 32 – 31 Uppies
- o.19B: Velties 23 – 21 Uppies
- o.16A: Velties 22 – 25 Uppies
- o.16B: Velties 37 – 16 Uppies
- o.16C: Velties 10 – 16 Uppies
- o.16D: Velties 11 – 13 Uppies
- o.15A: Velties 18 – 15 Uppies
- o.15B: Velties 23 – 19 Uppies
- o.14A: Velties 22 – 27 Uppies
- o.14B: Velties 13 – 28 Uppies
- o.14C: Velties 20 – 7 Uppies
- o.14D: Velties 25 – 5 Uppies
Van die senior spelers wat onder druk hul wedstryde beklink het tot die jonger Velties wat met energie en passie gespeel het – Duineveld se netbal het gewys wat ware karakter en deursettingsvermoë beteken.
Hoërskool Duineveld is trots op elke speler en afrigter wat Duineveld verteenwoordig het by die Groot Netbal Interjol 2026. Julle het die Veltie-gees lewendig gemaak!





Rooi. Wit. Blou. VELTIES!
Foto’s verskaf




You must be logged in to post a comment.