Susterpaar maak geskiedenis. Hoër Meisieskool Oranje het met trots aangekondig dat Jana van Jaarsveld as nuutverkose onderhoofmeisie vir 2027 aangewys is. Daarmee volg sy in die voetspore van haar suster, Danielle van Jaarsveld, wat die pos in 2025 beklee het.
Hierdie merkwaardige aanstelling is slegs die vyfde keer sedert 1981 dat twee susters albei die titel van onderhoofmeisie dra. Die vorige geval was die Vogel-susters, Margot (2008) en Melissa (2012).
Ander susterpare wat onderhoofmeisies was
- Anneke (2002) en Reinette (1998) Weyers
- Hanneke (2000) en Annerina (1998) Verschoor
- Anroli (1990) en Marizenne (1988) Bosman
Susters wat hoof- én onderhoofmeisie was
- Elsa de Wet (hoof 2013) en Lize de Wet (onderhoof 2019)
- Loané van Sandwyk (hoof 2011) en Juandi van Sandwyk (onderhoof 2008)
- San-Marie Botha (hoof 1996) en Betsie Botha (onderhoof 1995)
- Martelle Coetzer (hoof 1986) en Isabel Coetzer (onderhoof 1985)
’n Unieke hoofmeisie-verbintenis
Slegs een keer in die skool se geskiedenis het twee susters albei die hoogste leierspos beklee: Helena Bredenkamp (1965) en Margie Bredenkamp (1969).
Foto voorsien






