Gimmies se Bosluise en Giftige Ganse wys krag op die krieketveld
Gimmies se Bosluise en Giftige Ganse wys krag op die krieketveld

Gimmies se Bosluise en Giftige Ganse wys krag op die krieketveld


By Potchefstroom Gimnasium gaan krieket oor groei, ervaring en die vreugde van die spel. Die afgelope week het Gimmies se Bosluise (3de span) en Giftige Ganse (4de span) puik vertonings gelewer wat die Gimmie-gees en trots ten volle weerspieël.

Bosluise vs Ferdies: Die Bosluise teken ’n indrukwekkende 223/8 na 20 beurte aan, met De Wet Grobler wat ’n briljante 123* lopies aanteken. Johannes van Rensburg dra 22 lopies by. Ferdies antwoord met 169/10 na 19 beurte, waar Hannie Naude 4 paaltjies neem en Talbert Joubert en Ernst van der Merwe elk 2 paaltjies. Gimmies se Bosluise wen met 54 lopies.

Giftige Ganse vs Boys High (1ste span): Boys High word beperk tot 84/10 na 19 beurte, met Brendon Le Roux wat 4 paaltjies neem en Owen Human 2. Die Giftige Ganse antwoord met 85/6 na 14 beurte, aangevuur deur Logan Botes (33 lopies), Jayden Pelser (17* lopies) en Heinrich Raubenheimer (15 lopies). Die Ganse wen met 4 paaltjies.

Baie geluk aan al die spelers met hul harde werk en toewyding – julle hou die Gimmie-naam hoog en inspireer met elke vertoning!

https://gimmies.co.za/

Foto’s verskaf

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article