Geografiese Inligtingstelsels – Hoërskool Eldoraigne se Gr. 9-leerders het die besondere geleentheid gehad om saam met Nicolene Fourie die wêreld van Geografiese Inligtingstelsels (GIS) te verken.
Nicolene, ’n navorser by die WNNR, geograaf en GISc-spesialis, het die leerders op ’n boeiende reis geneem. Sy het gewys hoe geografiese kennis, moderne tegnologie en betroubare data met mekaar verbind word. Hoe om vrae oor ons wêreld te beantwoord en betekenisvolle oplossings te vind.
Leerders het tydens die gesprek ’n vars blik gekry op die waarde en wye toepassings van GIS. Hulle het waardevolle insig gekry in loopbaanmoontlikhede wat Geografie en GIS bied. Die wêreld van Geografie en GIS maak deure oop na uiteenlopende rigtings en werksgeleenthede soos:
- Data-ontleding
- Navorsing
- Omgewingsbestuur
- Stadsbeplanning
- Kaarttegnologie
Die sessie het beklemtoon dat Geografie veel meer is as net kaarte. Dit is ’n wêreld van geleenthede wat jongmense toerus om ’n betekenisvolle bydrae tot die samelewing te maak.


Nicolene Fourie het die leerders op ’n boeiende reis geneem
Hoërskool Eldoraigne het Nicolene bedank vir haar tyd, kundigheid en die inspirasie wat sy aan die leerders gebied het. Haar besoek het gewys dat nuuskierigheid, kennis en tegnologie nuwe horisonne kan oopmaak.
Foto’s voorsien







You must be logged in to post a comment.