WELKOM – Hoofleiers vir 2027 aangewys. Primêre Skool Naudeville het met trots hul hoofleierspan vir 2027 aangekondig. Hierdie leerders het deur die jaar bewys dat hulle oor uitstekende leierseienskappe beskik.
Die hoofleiers wat vir 2027 aangewys is: is Hanno van Jaarsveld as hoofseun en Linke van Rooyen as hoofmeisie. Hulle word bygestaan deur Bjorn Bezuidenhout as onderhoofseun en Annabella van Aswegen, wat die rol van onderhoofmeisie sal vervul.

Om aangewys te word tot hoofleiers is ‘n besondere eer en erkenning van die leerders se harde werk. Hulle deursettingsvermoë en positiewe invloed binne die skoolgemeenskap maak ook ‘n verskil. Hierdie vier leerders het deur hul voorbeeldige gedrag, akademiese toewyding en betrokkenheid by die skoolaktiwiteite gewys dat hulle gereed is om die leierskap oor te neem.
Die skoolgemeenskap spreek hul opregte gelukwense uit teenoor die nuwe hoofleiers. Die skool bedank hulle ook vir hul ywerige bydrae gedurende die jaar. Daar word met groot verwagting uitgesien na die rol wat hulle in 2027 sal speel om die waardes en tradisies van Primêre Skool Naudeville uit te bou en as rolmodelle vir hul medeleerders op te tree.
Baie geluk aan Bjorn, Hanno, Linke en Annabella met hierdie welverdiende prestasie. Hulle aanstelling getuig van die vertroue wat die skool in hul vermoëns stel en beloof om ‘n sterk leierspan vir die komende jaar te vorm.
Foto verskaf







You must be logged in to post a comment.