Sterk Stoeivertoning by Jonny Reitz Big 5 Stoeikampioenskap
Christiaan Cromie, Ruwan van Niekerk en Stiaan le Roux

Sterk Stoeivertoning by Jonny Reitz Big 5 Stoeikampioenskap


Hoërskool Jim Fouché se stoeiers, Christiaan Cromie, Ruwan van Niekerk en Stiaan le Roux, het ‘n sterk stoeivertoning gelewer op 8 en 9 Augustus 2026. Die drie stoeiers het aan die Jonny Reitz Big 5 Stoeikampioenskappe by die Universiteit van Pretoria deelgeneem. Die span het met indrukwekkende uitslae teruggekeer en die skool se naam met trots gedra.

  • Christiaan Cromie het ’n bronsmedalje verower in die o.20-vrystyl afdeling.
  • Ruwan van Niekerk het uitstekend gevaar met silwer in o.15-Grieks-Romeins en brons in o.15-vrystyl.
  • Stiaan le Roux het sy krag en tegniek gewys met goud in o.15-vrystyl en silwer in o.15-vrystyl.

Hierdie prestasies beklemtoon die hoë standaard van stoei by Hoërskool Jim Fouché en die toewyding van die afrigters en atlete wat die skool se buitesport tot nuwe hoogtes voer.

https://jf.co.za

Foto verskaf

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article