Melenka Loubser van Hoërskool Jim Fouché, het op 1 Augustus 2026 aan die A Arts-kompetisie in die Hip Hop Solo-afdeling in Bloemfontein deelgeneem. Met haar uitstaande talent en toewyding het sy die beoordelaars beïndruk en die volgende prestasies behaal:
- A+
- 91%
- ’n Spesiale toekenning
- ’n Trofee vir die beste Hip Hop-danser van die kompetisie
Hierdie uitsonderlike prestasie bevestig Melenka se passie en harde werk in dans en dra trots by tot Hoërskool Jim Fouché se kultuursukses.
`Foto verskaf`






