Shoto Karate Kampioenskappe - Truida Kestell presteer uitmuntend
Tanya Maas en Fifele Mofokeng. (Foto verskaf)

Shoto Karate Kampioenskappe – Truida Kestell presteer uitmuntend


Shoto Karate Kampioenskappe. Leerders van Laerskool Truida Kestell het op 7 en 8 Augustus aan die Shoto Karate Kampioenskappe deelgeneem. Dit het plaasgevind in Bloemfontein. Tydens die Kampioenskappe het Laerskool Truida Kestell se karateka’s hul skool met uitmuntende prestasies verteenwoordig.

Die jong sportlui het nie net hul tegniese vaardighede ten toon gestel nie, maar ook die waardes van dissipline en deursettingsvermoë wat karate beliggaam.

Die volgended leerders het presteer:

  • Tanya Maas het met ’n merkwaardige vertoning drie goue medaljes verower in Kumite, Kata en die Meisies Ope Kumite-afdeling.
  • Fifele Mofokeng het sy talent bevestig met goud in Kata en ’n silwer in Kumite.

https://truidakestell.co.za/

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article