Kylie Schönfeldt van Goudveld Hoërskool in Welkom het ’n goue medalje verwerf tydens die Eskom Expo vir Jong Wetenskaplikes. Sy het ‘n baanbrekersprojek in die Ingenieursafdeling ontwikkel.
SKylie het ’n innoverende prototipe ontwerp wat brande vroegtydig kan bestry en sodoende brandskade, veral op plase, beperk. Die ondergrondse, outomatiese stelsel maak gebruik van hittesensors en chemiese reaksies, en versprei FireQuip Tipe A-skuim via pompe, ondergrondse pype en sproeiers oor geteikende gebiede.
Die doel van die stelsel is om brande vinnig te onderdruk en skade aan gewasse en natuurlike plantegroei te verminder. Kylie se projek is ’n uitstaande voorbeeld van innovasie, probleemoplossing en ingenieursvernuf.
Goudveld Hoërskool is uiters trots op haar prestasie en glo dat sy ’n inspirasie vir jong wetenskaplikes en ingenieurs regoor die land is.
Foto verskaf






