Hoërskool Linden, Randburg, is trots om die uitstaande prestasie van Jeanne-Marié Kitshoff by die Gauteng Kampioenskappe vir Ritmiese Gimnastiek in die Senior afdeling te vier.
Met styl en vasberadenheid het sy die volgende skitterende resultate behaal:
- Twee goue medaljes
- Een silwer medalje
- Een bronsmedalje
Hierdie puik vertoning het aan haar nie net die titel van algehele Senior-wenner van Gauteng besorg nie, maar ook kwalifikasie vir die Nasionale Kampioenskap later vanjaar.

Baie geluk, Jeanne-Marié – jou prestasie is ’n inspirasie en ’n trotse oomblik vir Hoërskool Linden!
Foto verskaf







You must be logged in to post a comment.