BETHLEHEM – Laerskool Truida Kestell is uiters trots op twee van hul leerders, Alexa en Calum Meyer, wat uitstekend presteer het tydens die SKDIA Shotokan South Africa Championship 2026. Die kompetisie het op Saterdag, 5 September 2026, in Witbank plaasgevind.

Die twee gevegskunstenaars het hul skool en gemeenskap met groot eer verteenwoordig en met ‘n indrukwekkende rits medaljes huistoe gekom.

Hul individuele uitslae is soos volg:

  • Alexa Meyer (Pers Gordel, o.9):
    • Goud: Individuele Kata
    • Goud: Kumite
    • Silwer: Span-Kata
  • Calum Meyer (Rooi Gordel, o.11):
    • Goud: Kumite
    • Silwer: Individuele Kata
    • Silwer: Groep-Kata

https://truidakestell.co.za/

Foto verskaf

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article