Hoër Meisieskool Paarl is verheug dat die Schreuder-susters skitter by Wilson Worcester-toernooi. Hierdie twee sussues het hul merk gemaak tydens die Wilson Worcester-tennistoernooi.
- Isabella Schreuder het uitmuntend presteer en is as wenner van die o.12A-liga gekroon.
- Christina Schreuder het haar talent gewys met ’n derde plek op die Goue Plaat in die Meisies o.10A-liga.
Hierdie prestasies is ’n bewys van hul harde werk, toewyding en passie vir tennis. Die Hoër Meisieskool Paarl skoolgemeenskap is uiters trots op julle, Isabella en Christina!



