Hoërskool Kalahari-karatekampioene skitter by MASA!
Kalahari-leerders, SJ Everts en Eoghan van Wyk maak hul merk

Hoërskool Kalahari-karatekampioene skitter by MASA!


Hoërskool Kalahari, Kuruman, is baie trots op hul Hoërskool Kalahari-karatekampioene SJ Everts en Eoghan van Wyk, wat die afgelope naweek by die Martial Arts South Africa (MASA) Nasionale Kampioenskap in Pretoria uitblink!

Met meer as 1 000 deelnemers van regoor Suid-Afrika en ’n uiters hoë standaard van kompetisie, het hierdie twee Hoërskool Kalahari-karatekampioene hul merk gemaak en die skool se naam met trots gedra.

Resultate behaal:

SJ Everts

  • Goud – Continuous Fighting
  • Goud – Kumite
  • Brons – Point Sparring

Eoghan van Wyk

  • Silwer – Combat Weapons
  • Silwer – Point Sparring
  • Silwer – Continuous Fighting
  • Silwer – Kumite

Baie geluk, SJ en Eoghan! Julle harde werk, dissipline en deursettingsvermoë het vrugte afgewerp. Julle is ware ambassadeurs vir Hoërskool Kalahari en maak die hele Kalahari-familie ongelooflik trots.

https://www.kalaharihighschool.co.za/

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article