SAMF Wiskunde-olimpiade - Hoërskool Montagu
SAMF Wiskunde-olimpiade – Hoërskool Montagu

SAMF Wiskunde-olimpiade – Hoërskool Montagu skitterend


SAMF Wiskunde-olimpiade. 🎉 Hoërskool Montagu vier uitnemendheid!

Baie geluk aan John Hattingh (Graad 12) met sy uitsonderlike prestasie in die SAMF Wiskunde-olimpiade.

John het in die tweede rondte die hoogste punt in die senior afdeling van ’n Kwintiel 4-skool in die hele Suid-Afrika behaal — ’n ongelooflike prestasie wat sy talent en toewyding weerspieël.

Hierdie prestasie is des te merkwaardiger aangesien al nege provinsies aan die Olimpiade deelneem.

🌟 Hoërskool Montagu is ongelooflik trots op jou, John! Jou harde werk, deursettingsvermoë en liefde vir wiskunde dra vrugte en dien as inspirasie vir jou mede-leerlinge.

Lees meer skolenuus hier: https://schoolsthatrock.co.za/

https://www.hsmontagu.com/

Foto verskaf

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article