SA Skole o.18 Hokkie IPT - Noordheuwel o.18B wen groot
Nories hokkie-sterre vier oorwinning

SA Skole o.18 Hokkie IPT – Noordheuwel o.18B wen groot


Hoërskool Noordheuwel, Krugersdorp, Gauteng vier met groot trots die ongelooflike prestasie van ons verteenwoordigers tydens die SA Skole O.18 Hokkie IPT.

Dogters O.18B-span

Met vasberadenheid en spanwerk het die Dogters O/18B-span die B‑afdeling gewen en sodoende bevordering na die A‑afdeling vir 2027 verdien. ’n Monumentale prestasie wat elke speler met trots kan dra!

Mnr. Murray Hansen, hoofafrigter van die span, het met uitmuntende leiding hierdie sukses moontlik gemaak. Noordheuwel is bevoorreg om jou as afrigter van die skool se eie O.16A-span te hê.

SA Skole o.18 Hokkie IPT – Noordheuwel o.18B wen groot

  • Abbigail le Clus
  • Leané Buckle
  • Calista Scholtz
  • Mia Vera de Gouveia Farinha (onderkaptein)

Hierdie spelers het 9 van die span se 10 doele aangeteken!

  • Mia Vera de Gouveia Farinha het self ’n indrukwekkende 5 doele aangeteken – ’n ware inspirasie!

Trots en inspirasie

Hoërskool Noordheuwel bars van trots op elke speler en afrigter wat die skool met integriteit, passie en trots verteenwoordig het. Julle is ware ambassadeurs van jul skool en ’n lig vir die jonger geslag Nories wat volg.

Welgedaan, Nories! Die toekoms lyk blouer as ooit.

https://nories.co.za/

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article