Twee gimnaste van Hoërskool Outeniqua, George, het aan die SA Nasionale Ritmiese Gimnastiek Kampioenskappe deelgeneem en uitstekend presteer. Lizemae van Heerden en Femke Smith het van 24 tot 29 September by die Bellville Velodrome in Kaapstad deelgeneem.

Die twee Kwagga-gimnaste het die George Zest Ritmiese Gimnastiekklub verteenwoordig. Hulle het uitstekende vertonings op die vloer gelewer en met verskeie puik uitslae vorendag gekom.

Femke Smith en Lizemae van Heerden deelnemers aan die SA Nasionale Ritmiese Gimnastiek Kampioenskappe

Lizemae van Heerden en Femke Smith het die volgende prestasies behaal tydens die SA Nasionale Ritmiese Gimnastiek Kampioenskappe. In die o.15-afdeling vir Vlak 7 en Groep Hoepel verower Lizemae van Heerden bronsmedaljes in:

  • Vrydans
  • Baldans
  • Knuppelreeks
  • Algeheel individueel
  • Groep Hoepel

Femke Smith was deel van dieselfde groep-hoepelspan wat ’n verdienstelike vierde plek op nasionale vlak behaal het.

Die skool en klub is trots op die twee gimnaste se prestasies en wens hulle geluk met hul uitstekende verteenwoordiging van George in die Suid-Kaap en op die nasionale verhoog.

https://www.outeniqua.co.za/

Foto’s verskaf

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article