Jeanne-Marié Kitshoff skitter by Empress Ritmiese Gimnastiek
Jeanne-Marié Kitshoff een van die land se voorste ritmiese gimnaste

Jeanne-Marié Kitshoff skitter by Empress Ritmiese Gimnastiek


Hoërskool Linden in Randburg, Gauteng, is trots om die uitmuntende prestasies van Jeanne-Marié Kitshoff in ritmiese gimnastiek aan te kondig.

Die afgelope naweek het sy Gauteng met trots by die Empress Ritmiese Gimnastiekkompetisie verteenwoordig, waar sy drie silwer- en een goue medalje verower het.

Hierdie prestasie volg op haar glansryke deelname aan die Cape Town High Performance Circuit Competition op 22 en 23 Augustus. In ’n strawwe tweedaagse kompetisie het Jeanne-Marié met styl en vasberadenheid uitgestaan:

  • Op dag een het sy met die hoogste puntetelling as algehele wenner uit die stryd getree.
  • Op dag twee het sy vir al vier roetines gekwalifiseer en ’n besonderse vertoning gelewer met drie goue medaljes en een bronsmedalje.

Hierdie reeks oorwinnings bevestig haar as een van die land se voorste ritmiese gimnaste.

Gauteng met trots by die Empress Ritmiese Gimnastiekkompetisie verteenwoordig

Hoërskool Linden wens haar alle sukses toe met die komende Nasionale Kampioenskappe in Kaapstad.

https://linden.co.za/

Foto’s verskaf

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article