Jeanne-Marié Kitshoff vier ritmiese glans
Jeanne-Marie-Kitshoff-presteer-uitmuntend-by-die-Sentraal-Gauteng-Gimnastiekassosiasie

Jeanne-Marié Kitshoff vier ritmiese glans


Hoërskool Linden is trots om Jeanne-Marié Kitshoff geluk te wens met haar uitmuntende prestasie by die Sentraal-Gauteng Gimnastiekassosiasie se Ritmiese Gimnastiekkompetisie die afgelope naweek.

Jeanne-Marié het met styl en vasberadenheid uitgestaan en die volgende indrukwekkende resultate behaal:

  • Twee goue medaljes
  • Twee silwer medaljes
  • Algeheel eerste plek

Met hierdie glansryke vertoning het sy ook gekwalifiseer vir die Gauteng Kampioenskappe wat die komende naweek plaasvind.

Jeanne-Marié, jou skitterende prestasie is ’n inspirasie vir almal by Hoërskool Linden. Baie sterkte met die Gauteng Kampioenskappe – Hoërskool Linden staan agter jou!

Jeanne-Marié Kitshoff

https://linden.co.za/

Foto’s verskaf

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article