SA Level 2 Streekkampioenskappe - Laerskool Proteapark presteer
SA Level 2 Streekkampioenskappe – Laerskool Proteapark presteer

SA Level 2 Streekkampioenskappe – Laerskool Proteapark presteer


SA Level 2 Streekkampioenskappe. 🏊‍♂️ Parkieswemmers blink uit by SA Level 2 Streekkampioenskappe.

Laerskool Proteapark se talentvolle swemmers het hul skool se naam met trots hoog gehou tydens die SA Level 2 Streekkampioenskappe, wat van 30 Maart tot 1 April in Potchefstroom plaasgevind het.

Die kampioenskap het ’n groot aantal deelnemers gelok – sowat 250 swemmers van klubs regoor Suid-Afrika, asook atlete uit buurlande. Die standaard was uiters hoog, met elke item wat uit verskeie lopies bestaan het. Ten spyte van strawwe mededinging het die Parkie-swemmers deurgedring na die finale rondes en puik prestasies gelewer.

Uitsonderlike prestasies

Hugo Joubert (10 jaar & onder)

  • 50m Rugslag – 2de
  • 100m Vlinderslag – 2de
  • 200m Rugslag – 3de
  • 100m Rugslag – 4de
  • 50m Vlinderslag – 4de
  • 4x50m Wisselslag aflos (12jr & onder) – 3de
  • 4x100m Vryslag aflos (12jr & onder) – 3de
  • 4x50m Vryslag aflos (12jr & onder) – 3de

Waldo Smuts (10 jaar & onder)

  • 200m Rugslag – 4de
  • 100m Rugslag – 5de
  • 200m Borsslag – 6de
  • 50m Vryslag – 8ste
  • 100m Borsslag – 8ste
  • 4x50m Vryslag aflos (12jr & onder) – 3de
  • 4x100m Vryslag aflos (12jr & onder) – 3de

Imoné Venter (10 jaar & onder)

  • 100m Vlinderslag – 3de
  • 200m IM – 4de
  • 100m Borsslag – 4de
  • 200m Borsslag – 4de
  • 200m Vryslag – 4de
  • 🥈 4x50m Wisselslag aflos (14jr & onder) – 2de

Neil O’Donovan (14 jaar & onder)

  • 50m Borsslag – 3de
  • 100m Borsslag – 6de
  • 200m Borsslag – 5de
  • 50m Vryslag – 6de
  • 100m Rugslag – 8ste

Die prestasies van hierdie jong swemmers is ’n bewys van hul harde werk, toewyding en deursettingsvermoë. Laerskool Proteapark is trots om sulke talentvolle leerders te hê wat nie net hul eie drome nastreef nie, maar ook hul skool en gemeenskap met glans verteenwoordig.

Lees meer skolenuus hier: https://schoolsthatrock.co.za/

https://www.lsproteapark.co.za/

Foto’s verskaf

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article