BETHLEHEM – Nasionale Redenaars Finaal. Laerskool Truida Kestell se jong redenaars het uitstekende prestasies behaal tydens die nasionale finaal van Radikale Redenaars en Oppie Tong. Die redenaars het hul stemme met selfvertroue laat hoor en bewys dat harde werk, deeglike voorbereiding en deursettingsvermoë vrugte afwerp.
Radikale Redenaars Nasionale Finaal
‘n Groot groep wat deelgeneem het sluit in:
- Lilly Helena Watson,
- Hannah Wiggett,
- Marx Geldenhuys,
- Janus Odendaal,
- Mika Fenwick,
- Petri Swart,
- Bester Grimbeek,
- Ignus Grimbeek,
- Barend Human,
- Hayleigh Roux,
- Izé Claassen,
- Karli van Zyl,
- Muhammad Latiff,
- Helené van der Riet,
- Andries van der Walt en
- Constant Bester.

Agter van links: Bester Grimbeek (gr. 4); Ignus Grimbeek (gr. 2); Barend Human (gr. 4); Hayleigh Roux (gr. 6); Izé Claassen(gr. 6); Karli van Zyl(gr. 6); Muhammad Latiff (gr. 6); Helené van der Riet (gr. 2); Andries van der Walt (gr. 5) Afwesig: Constant Bester (gr. 4)
Individuele sprekers:
Onder die individuele sprekers het Petri Swart van gr. 2 ’n derde plek behaal. Marx Geldenhuys van gr. 3 is as nasionale wenner bekroon met ’n eerste plek. Andries van der Walt van gr. 5 het ook uitstekend gevaar en ’n vierde plek verower.
Spanprestasies:
Die spanprestasies was ewe indrukwekkend. Die gr. 2-span van Mika Fenwick, Helené van der Riet, Ignus Grimbeek en Lilly Helena Watson het ’n tweede plek behaal. Die gr. 4-span, bestaande uit Constant Bester, Barend Human, Bester Grimbeek en Janus Odendaal, het derde geëindig. Die gr. 6-span van Muhammad Latiff, Izé Claassen, Karli van Zyl en Hayleigh Roux het ook met ’n tweede plek weggestap.
Oppie Tong Nasionaal:
Truida Kestell se sukses het nie daar geëindig nie. Tydens die Oppie Tong Nasionaal het verskeie leerders weer hul merk gemaak. Meiring Geldenhuys van gr. 1 het ’n uitstekende sewende plek behaal. Richardt Otto van gr. 3 het 14de geëindig. In die senior afdeling het Mia Rautenbach ’n 12de plek verower, terwyl Stef van den Berg die kompetisie in die 18de plek afgesluit het.
Al die uitslae getuig van die hoë standaard van redenaars by Laerskool Truida Kestell. Die prestasies weerspieël nie net die talent van die sprekers nie, maar ook die waarde van goeie mentorskap en voorbereiding. Die skool kan met trots terugkyk op ’n jaar waarin hul redenaars op nasionale vlak uitgeblink het en hul skool se naam hoog gehou het.
Foto’s verskaf





You must be logged in to post a comment.