Hoërskool Rustenburg se ster-swemmers het Suid-Afrika met trots in Italië verteenwoordig!
Drie Rusties presteer by Treviso Swim Cup in Italië. Die kampioenskap is op 26 en 27 Junie 2026 in Treviso, Italië aangebied by die 50 m Olimpiese swembad van die Natatorium Treviso. Hierdie gesogte internasionale byeenkoms, deel van die Circuito Nuoto Italia-reeks, het meer as 1 000 swemmers en 80 klubs van regoor Italië gelok.
Die Rustie-swemmers het met deursettingsvermoë en trots deelgeneem en uitstekende resultate behaal:
Dedré Engelbrecht
- 50 m Rugslag – 15de
- 100 m Rugslag – 23ste
- 200 m Rugslag – 37ste
- 50 m Vryslag – 63ste
Dehan Lötter
- 50 m Vryslag – 42ste
- 50 m Vlinderslag – 3de
- 100 m Vlinderslag – 3de
- 200 m Individuele Wisselslag – 22ste
Dylan Manini
- 100 m Vryslag – 52ste
- 200 m Vryslag – 71ste
- 100 m Vlinderslag – 6de
- 200 m Vlinderslag – 26ste
Baie geluk aan Dedré, Dehan en Dylan! Julle harde werk en uitmuntende verteenwoordiging op die internasionale verhoog maak Hoërskool Rustenburg ongelooflik trots.






