Hoërskool Rustenburg ster-swemmers op internasionale vlak!
Dehan Lötter as deel van die span

Hoërskool Rustenburg ster-swemmers op internasionale vlak!


Hoërskool Rustenburg ster-swemmers is gekies is om deel te wees van die Aquatics Gauteng Swemtoer na Italië. Die toer vind gedurende Junie en Julie 2026 plaas. Rusties is baie trots op Dehan Lötter, Dylan Manini en Dedré Engelbrecht.

Die toer bied ’n unieke geleentheid aan hierdie drie Hoërskool Rustenburg ster-swemmers om internasionale ervaring op te doen. Die span sal deelneem aan kompetisies in Treviso en Pesaro. Hulle sal ook saam met Italiaanse swemmers oefen en die ryk kultuur van Italië beleef.

Die groep het op 23 Junie 2026 vertrek en keer op 9 Julie 2026 terug. Hierdie prestasie is ’n bewys van hul harde werk en toewyding aan sport.

Rusties wens Dehan, Dylan en Dedré ‘n suksesvolle toer toe. “Verteenwoordig Rustenburg met trots en geniet elke oomblik van hierdie besondere reis!”

https://hsrtb.co.za/

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article