SAMCA Nasionale Kompetisie. Hoërskool Jan van Riebeeck se Rasieleiers het die afgelope naweek met trots die Wes-Kaap verteenwoordig by die SAMCA-nasionale kompetisie in Gauteng.
Met ’n totaal van nege leerders én oud-Jan van Riebeecker, Ayden Februarie, het hul span ’n merkwaardige bydrae gelewer tot die provinsiale oorwinning. Hulle harde werk en samewerking het die Wes-Kaap na die eerste plek gelei. Jan van Riebeeck se rasieleiers keer terug huistoe met blink goue medaljes om die nek.
Hierdie prestasie is die vrug van ure se toegewyde oefening, deursettingsvermoë en spanwerk. Julle het nie net die skool se naam hoog gehou nie, maar ook ’n hele gemeenskap met trots vervul.


Hoërskool Jan van Riebeeck se harte bars van vreugde en waardering.
Baie geluk!







You must be logged in to post a comment.