Hannes Prinsloo het sy staal op nasionale vlak gewys in die 2026 Tegniese Skole Skills-kompetisie.
Hannes Prinsloo, ‘n leerder aan die Hoërskool Trio in Kroonstad.

Trio-leerder se tegniese talent blink uit


KROONSTAD – Hannes Prinsloo, ‘n leerder aan die Hoërskool Trio in Kroonstad, het sy staal op nasionale vlak gewys deur as die land se topdeelnemer in die sweisafdeling van die 2026 Tegniese Skole Skills-kompetisie gekroon te word.

Die kompetisie is op 1 en 2 Oktober by Resolution Circle aan die Universiteit van Johannesburg (UJ) aangebied, waar 157 leerders van al nege provinsies hul tegniese vaardighede in verskillende gespesialiseerde rigtings gemeet het. Elke provinsie het twee top-leerders per dissipline gestuur om aan die nasionale kragmeting deel te neem.

Hannes het met vasberadenheid in die sweisafdeling meegeding en uiteindelik met die louere weggestap, asook verskeie waardevolle pryse ingepalm. Sy oorwinning is ‘n besondere prestasie Trio en ‘n bewys van die vaardigheid, toewyding en harde werk wat nodig is om op nasionale vlak uit te blink.

Die kompetisie, wat deur Sasol en die Kagiso Trust aangebied is, bied aan leerders in tegniese skole ‘n platform om hul talent ten toon te stel en hul vaardighede verder te ontwikkel.

Die skool sê Hannes se prestasie beklemtoon die belangrike rol wat tegniese opleiding speel om jongmense vir toekomstige loopbane en geleenthede in die beroepswêreld voor te berei.

LEES OOK: Hoërskool Trio se vreugde groot oor ware uitskieters met pyl en boog

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article