Provinsiale Skyfskietkompetisie. Die jong skuts van Hoërskool Eldoraigne het van 16 tot 18 Julie aan die Noord-Gauteng Ope 2026 deelgeneem. Dit was ’n provinsiale skyfskietkompetisie. Hierdie kompetisie het weer vanjaar groot belangstelling geniet. Met 20 deelnemers wat die Eldo-vaandel hoog gehou het, is uitstekende uitslae behaal in verskeie ouderdomskategorieë.
o.21 Sporterklas
Ruané Thirion het met ’n puik vertoning sesde algeheel geëindig en die Noord-Gauteng-titel verower. Simoné Rossouw (26ste algeheel, sewende provinsiaal), Nickie Malan (30ste algeheel, tiende provinsiaal) en Kobus Bylsma (38ste algeheel, 14de provinsiaal) het ook sterk bydraes gelewer.
o.16 Sporterklas
Die span het hier breed uitgeblink: Zané Henys (19de algeheel, sesde provinsiaal), Simoné de Wet (26ste, sewende), Dehlia Terblanche (29ste, agtste) en Jaden Mostert (32ste, negende) het almal hul plek onder die top 10 in Noord-Gauteng verseker. JD Malan, Rudolph Lanser, Mianca Smook, Wihan Bylsma en Karlia van der Westhuizen het die Eldo-naam verder versterk met volgehoue prestasies.
o.14 Sporterklas
Zania van Staden het met ’n indrukwekkende vertoning 17de algeheel geëindig en die derde plek in Noord-Gauteng behaal.

Laerskoolskuts onder die Eldo-vaandel
Die jong talent het ook gewys dat die toekoms blink is. In die o.13 Sporterklas het Talya Laage die goud vir Noord-Gauteng gewen met ’n derde plek algeheel. Leandrie Malan (23ste, vierde), Chris Greeff (39ste, agtste) en Andeon van Zyl (49ste, 11de) het die span se sukses aangevul. In die o.12 Sporterklas het Erasmus Bezuidenhout (Graad 5) tweede algeheel en tweede provinsiaal geëindig, terwyl Ellenor Claasen (Graad 6) derde algeheel en derde provinsiaal behaal het.
Die skoolgemeenskap is uiters trots op elke deelnemer wat met toewyding en vasberadenheid die Eldo-naam by die Noord-Gauteng Ope 2026 verteenwoordig het. Hierdie prestasies bevestig dat Hoërskool Eldoraigne se skuts nie net mik nie, maar hoog skiet.







You must be logged in to post a comment.