Dance Fusion. Hoërskool Eldoraigne se eie Melindi de Bruin het tydens die Julie-skoolvakansie haar merk gemaak by Dance Fusion. Dance Fusion is die nasionale kwalifiserende kompetisie vir die Suid-Afrikaanse Dansspan. Met ’n reeks uitstaande vertonings het sy nie net gekwalifiseer nie, maar ook haar SA-kleure verwerf.

Melindi sal Suid-Afrika van 12 tot 21 Desember 2026 verteenwoordig by die “Get The Beat World Finals” wat in die Petaling Jaya Performing Arts Centre, Kuala Lumpur, Maleisië, aangebied word.

Uitsonderlike individuele uitslae
  • Open Solo – Latin Dance: 87% | 3de plek
  • Jazz Solo – CHIC: 92% | 3de plek
  • Lyrical Solo – Still Standing: 91,5% | 1ste plek
  • Acrobat Solo – Fly: 87% | 5de plek
  • Contemporary Solo – Take Me Home: 91,5% | 1ste plek

Benewens haar vyf solo’s het Melindi ook aan groepitems en ’n duet deelgeneem. Sy het in al 12 items gekwalifiseer om die SA-span te verteenwoordig – ’n prestasie wat haar as ’n ware kampioen onderskei.

Dance Fusion - Melinda van Eldograine kwalifiseer vir SA Dansspan
Melindi de Bruin
Trots en ondersteuning

Die skoolgemeenskap van Hoërskool Eldoraigne is uiters trots op Melindi se prestasie en wens haar alle sterkte toe vir die wêreldfinaal. Haar toewyding en talent beloof om Suid-Afrika met trots op die internasionale verhoog te verteenwoordig.

https://www.hseldo.co.za/

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article