Provinsiale Skaakkampioenskappe - Hoërskool Outeniqua blink uit
Provinsiale Skaakkampioenskappe – Hoërskool Outeniqua blink uit

Provinsiale Skaakkampioenskappe – Hoërskool Outeniqua blink uit


♟️Provinsiale Skaakkampioenskappe – Hoërskool Outeniqua blink uit by die Wes-Kaap Skaakkampioenskappe.

Hoërskool Outeniqua glo dat toewyding en strategie hand aan hand gaan – en hierdie leerders het dit met hul puik spel bewys.

Baie geluk aan al die leerders wat aan die Wes-Kaap Individuele Provinsiale Skaakkampioenskappe deelgeneem het. Julle harde werk en deursettingsvermoë maak ons ongelooflik trots!

’n Spesiale vermelding aan:

  • Andrew Brink wat ’n indrukwekkende 6de plek behaal het in die Seuns o.15-afdeling.
  • Nina van Niekerk wat 8ste geëindig het in die Dogters o.18-afdeling. Nina het boonop onlangs gekwalifiseer vir die Suid-Afrikaanse kampioenskappe, waar sy later vanjaar die geleentheid kry om by die Statebondspele deel te neem – ’n merkwaardige prestasie!

Welgedaan aan elke leerder wat Hoërskool Outeniqua met trots verteenwoordig het. Julle is ware kampioene op en van die bord af!

Lees meer skolenuus hier: https://schoolsthatrock.co.za/

https://www.outeniqua.co.za/

Foto verskaf

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article