Protea Netbalspan. In die wedstryd van die Protea Netbalspan teen Malawi, is Elmeré van der Berg aangewys as speler van die wedstryd.

Elmeré is ‘n onderwyser asook oud-leerder van Hoërskool Jim Fouché in Bloemfontein. Die span is onder leiding van die nuut-aangestelde afrigters, Jenny van Dyk en Zanele Mdodana. In die eerste wedstryd van die ‘nuwe’ span teen Malawi het die Proteas ‘n weghol oorwinning van 68-31 behaal.

Die JF harte klop trots oor die puik prestasie van Elmeré!

Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/

https://jf.co.za

Foto verskaf

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article