Proscenium Dramakompetisie 2026 - Hoërskool Linden staan uit
Proscenium Dramakompetisie 2026 – Hoërskool Linden staan uit

Proscenium Dramakompetisie 2026 – Hoërskool Linden staan uit


Proscenium Dramakompetisie 2026. Hoërskool Linden Nasionale Finaliste!

Die Proscenium Dramakompetisie bied jaarliks aan graad 8 tot 12-leerders die kans om hul kreatiwiteit en talent op ’n nasionale verhoog te wys. In die eerste uitdunronde moes deelnemers hul veelsydigheid demonstreer deur ’n gedig, ’n prosa-uittreksel én improvisasie aan te bied – ’n ware toets van dramakuns en selfvertroue.

Hoërskool Linden is verheug om aan te kondig dat drie van hul Linden-leerders onder die top 70 finaliste landwyd gekies is! Hulle gaan in Mei die Kunstekaap-teater in Kaapstad betree om hul passie en talent te deel met die hele land.

🎭 Linden se sterre

  • Mila Robberts
  • Christian Nortjé
  • Hildegard Schraader

Baie geluk – julle harde werk, toewyding en kreatiwiteit het Hoërskool Linden opnuut in die kollig geplaas. Hoërskool Linden is ongelooflik trots op julle en sien uit na die nasionale rondte!

Lees meer uitstekende skolenuus hier: https://schoolsthatrock.co.za/

https://linden.co.za/

Foto verskaf

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article