Primêre Meisieskool Oranje, Bloemfontein, is trots om aan te kondig dat agt van ons Eendjies gekies is om die Vrystaat Landloopspan te verteenwoordig by die Suid-Afrikaanse Landloopkampioenskap wat 5 September in Pretoria plaasvind.
Oranje se ster-atlete:
- Mienke Fouché
- Mailey Becker
- Aïla Cilliers
- Lenike Van den Berg
- Naomi Malan
- Elmaré Naudé
- Lea Cilliers
- Z’ney Piechaczek







Oranje wens elkeen van hul atlete krag, moed en vreugde toe vir hierdie groot geleentheid. Julle toewyding en harde werk maak ons ongelooflik trots.
“Hardloop sterk, geniet elke oomblik en maak Oranje trots!“
Foto’s verskaf







You must be logged in to post a comment.