Pieter Fourie maak geskiedenis vir Hoër Volkskool
Pieter Fourie, Hoër Volkskool Graaff-Reinet se trots

Pieter Fourie maak geskiedenis vir Hoër Volkskool


Pieter Fourie van Hoër Volkskool Graaff-Reinet, het uit meer as 10 000 leerders landwyd sy merk gemaak! Pieter (gr. 9) het sy plek tussen die top 25 sprekers verower — en toe nog verder geklim! By die nasionale finaal van die ATKV Redenaarskompetisie by Klein Kariba, Bela-Bela, het Pieter Fourie die maroen baadjie en die Suidoos-Kaap streek met trots verteenwoordig.

Die mededinging was straf, maar Pieter het vas gestaan en die algehele 3de plek behaal — wat hom die 3de beste gr 8–9 redenaar in Suid-Afrika maak. Hy dra boonop die titel van beste spreker vir Afrikaans Huistaal voorbereide toesprake in die Suidoos-Kaap streek.

Dit is die eerste keer ooit dat Hoër Volkskool tot in hierdie finaal deurgedring het — en watter geskiedenis is gemaak! Baie geluk ook aan Hoërskool Rustenburg (2de) en Paul Roos Gimnasium (1ste) wat saam met hierdie klein, trotse Karoo-skool die podium gedeel het.

“Pieter, jy het jou skool, jou dorp en jou familie op die kaart geplaas. Ons is trots op jou tot in ons harte!”

https://www.facebook.com/hvsgrt

Foto verskaf

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article