Jaco van Dyk, Menlopark, blink uit by Wêreldatletiekkampioenskap
Jaco van Dyk spog met 3de plek in gewigstoot by Wêreldkampioenskap

Jaco van Dyk, Menlopark, blink uit by Wêreldatletiekkampioenskap


Hoërskool Menlopark, Pretoria, kondig met groot trots aan dat Jaco van Dyk, ’n graad 10-leerder, ’n uitmuntende prestasie gelewer het by die Wêreldatletiekkampioenskap vir o.20’s. Die kampioenskap vind van 5 tot 9 Augustus in Oregon, VSA, plaas.

Jaco het ’n 3de plek in gewigstoot verower met ’n indrukwekkende afstand van 19.80 meter. Dit het vir hom ’n plek op die podium tussen die wêreld se voorste jong atlete besorg.

Hierdie prestasie is ’n bewys van sy toewyding, harde werk en talent, en dien as inspirasie vir sy medeleerders en die breër Menlopark-gemeenskap. Die skoolgemeenskap spreek sy hartlike gelukwensing uit en vier saam met hom hierdie merkwaardige mylpaal.

https://www.menlopark.co.za/

Foto’s verskaf

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article