Nasionale Redenaarskompetisie - Hoër Volkskool Graaff-Reinet blink uit
Hoër Volkskool Graaff-Reinet wenners van die Nasionale Redenaars

Nasionale Redenaarskompetisie – Hoër Volkskool Graaff-Reinet blink uit


By die laaste nasionale redenaarskompetisie van die jaar, PodiumPret, het Hoër Volkskool Graaff-Reinet weereens sy merk gemaak. Op Donderdag, 24 September, het sewe sprekers van die skool aan die aanlyn-finaal deelgeneem. Almal wat deelgeneem het, het in die Top 10 van hul onderskeie grade geëindig. Dit is ’n prestasie wat die skool se reputasie as ’n sentrum van redenaarsuitnemendheid bevestig.

Die hoogtepunt van die dag was die nasionale oorwinnings van:

  • Mikha Enslin (gr. 12)
  • Pieter Fourie (gr. 9)

Beide het reeds in 2025 as wenners in hul vorige grade (gr. 11 en gr. 8) uitgeblink, wat hul volgehoue sukses des te meer betekenisvol maak.

Nasionale Redenaarskompetisie - Hoër Volkskool Graaff-Reinet blink uit
Wenners van Hoër Volkskool Graaff-Reinet Nasionale Redenaarskompetisie

Verder het:

  • Mia Prinsloo (gr. 11) en Drian Gildenhuys (gr. 9) elk ’n nasionale tweede plek behaal.
  • Hestri Pearson (gr. 10) en Margite van der Merwe (gr. 8) het albei die sesde plek ingeneem.
  • Lisa du Toit (gr. 9) het met ’n sterk vertoning ’n negende plek verower.

“Die skoolgemeenskap spreek groot waardering uit vir die harde werk en toewyding van hierdie leerders, wat selfs gedurende die vakansie geoefen het om van die aanlyn-finaal ’n sukses te maak”. Volkskool se deelname en prestasies toon nie net talent nie, maar ook ’n kultuur van volgehoue dissipline en trots.

https://hvsgrt.org.za/

Foto verskaf

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article