Bloemfontein – Hoërskool Fichardtpark, Bloemfontein, kondig met trots aan dat Carli Bouwer gekies is om Suid-Afrika in duathlon te verteenwoordig.

Haar uitstekende tye tydens die 2026 Nasionale Kampioenskappe het haar gekwalifiseer vir die Multisport Wêreldkampioenskappe op Hudayriyat Island, Abu Dhabi in November 2026, sowel as die Wêreldspele in Kanada in Junie 2027.

Met hierdie prestasie verwerf Carli weer haar Proteakleure – ’n merkwaardige erkenning van haar talent, toewyding en deursettingsvermoë.

Die hele Fichardtpark-familie vier Carlie se sukses saam en wens haar sterkte toe vir die internasionale toernooie wat voorlê.

https://fpark.co.za

Foto verskaf

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article