BLOEMFONTEIN — Hoërskool Fichardtpark vier die uitsonderlike prestasie van een van sy topatlete, Carli Bouwer. Ná uitstaande vertonings op nasionale vlak is sy gekies om Suid-Afrika by die Internasionale duathlon-kampioenskappe te verteenwoordig.

Carli se indrukwekkende tye tydens die 2026 Nasionale Kampioenskappe het haar nie net ‘n plek in die nasionale span besorg nie. Dit het ook vir haar deure oopgemaak na twee van die mees gesogte internasionale sportbyeenkomste. Sy het amptelik gekwalifiseer vir die Multisport Wêreldkampioenskappe. Dit sal plaasvind in November 2026 in Abu Dhabi. Sy sal ook die Wêreldspele in Kanada bywoon wat in Junie 2027 gehou word.

Met hierdie prestasie het sy opnuut haar Proteakleure verwerf. ‘n Welverdiende beloning vir haar toewyding, dissipline en volgehoue harde werk op én van die baan af.

Die skoolgemeenskap en leierskap van Hoërskool Fichardtpark het hul trots op haar prestasie uitgespreek en haar alle sukses toegewens met haar voorbereiding vir die komende wêreldkampioenskappe.

https://www.fpark.co.za/

Foto voorsien

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article