NoupraatJy-redenaarskompetisie - Hoër Volkskool redenaars skitter
Beoordelaars en gehoor oortuig

NoupraatJy-redenaarskompetisie – Hoër Volkskool redenaars skitter


Hoër Volkskool Graaff-Reinet het ’n merkwaardige prestasie gelewer tydens die landwye NouPraatJy-redenaarskompetisie wat onlangs by Curro Durbanville aangebied is. Die kompetisie, met die tema Kyk Noord, het spanne van regoor Suid-Afrika saamgebring om hul redenaarsvernuf te toets.

Senior Afdeling

Die senior span, bestaande uit Mikha Enslin (Gr. 12) en Mia Prinsloo (Gr. 11), het ’n indrukwekkende tweede plek algeheel behaal. Hul toespraak oor die keuse om Suid-Afrika te kies – in lig én donker – het ’n diepgaande indruk op die gehoor en beoordelaars gemaak.

Junior Afdeling

Die junior span, Zoë Campher (Gr. 9) en Margite van der Merwe (Gr. 8), het as algehele wenners van hul afdeling uit die stryd getree. Met ’n kragtige betoog dat die toekoms nie bloot gebeur nie, maar deur ons gevorm word, het hulle die beoordelaars en gehoor oortuig.

Erkenning aan Ander Skole

Hoër Volkskool Graaff-Reinet dra ook hul gelukwense oor aan:

  • Hoërskool Porterville, eerste plek in die Senior Afrikaans Huistaal-afdeling.
  • Hoërskool Overberg, tweede plek in die Junior Afrikaans Huistaal-afdeling.

Die sukses van Hoër Volkskool Graaff-Reinet se redenaars is die resultaat van toewyding, harde werk en selfvertroue. Die maroen baadjie het helder in Durbanville geskyn, en die skoolgemeenskap is uiters trots op hierdie merkwaardige prestasie.

https://hvsgrt.org.za/

Foto’s verskaf

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article