Fichies se matriek-netbalhelde groet met trots en nalatenskap
Matriek-netbalspelers van Hoërskool Fichardtpark groet met trots

Fichies se matriek-netbalhelde groet met trots en nalatenskap


Hoërskool Fichardtpark in Bloemfontein het hierdie week ’n besondere oomblik beleef toe die matrieknetbalspelers hul laaste wedstryd nader. Elke speler is met ’n roos vereer. Dit is ’n klein gebaar van dankbaarheid vir hul harde werk, toewyding en spangees. D wat Fichies se eerstespan só uniek gemaak het.

Hoërskool Fichardtpark sal hierdie naweek in die Wesgrow Sentrale Skole Sportreeks teen Goudveld Hoërskool kragte meet. Hierdie wedstryd sal die matriekspelers van Fichies se finale wedstryd van hul hoërskoolloopbaan wees.

“Ons is ongelooflik trots op elkeen van julle. Julle het nie net op die baan uitgestaan nie, maar ook ’n nalatenskap van trots, karakter en ware ambassadeurskap vir Hoërskool Fichardtpark nagelaat.”

https://fpark.co.za

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article