Bloemfontein – Primêre Meisieskool Oranje vier ’n historiese prestasie: die o.13A-hokkiespan het die gesogte Champ of Champs-toernooi in Potchefstroom gewen en hul naam as ware kampioene gevestig.
Die pad na glorie was indrukwekkend: Oranje het gelykop gespeel teen Schweizer (1–1), daarna oorwinnings behaal teen Rivonia (1–0), Rynfield (3–1), Outeniqua (2–0) en Lynnwood (1–0) in die halfeindstryd. In die finaal het die span met ’n kragtige 3–0 sege weer Schweizer geklop en die trofee huistoe gebring.
“Primêre Meisieskool is ongelooflik trots op die Eendjies se vasberadenheid, spanwerk en talent. Hierdie prestasie is ’n bewys van hul harde werk en toewyding,” het die skoolhoof gesê.
Oranje se Eendjies het hul plek in die geskiedenis verseker en die hele skoolgemeenskap vier saam hierdie merkwaardige oorwinning.

Foto’s verskaf







You must be logged in to post a comment.