Kuruman – Hoërskool Kalahari. Die Kalahari Eagles het die afgelope week aan die gesogte Shedders Stayers Festival in Durban deelgeneem. Dit is ’n toernooi wat jong spelers die kans bied om hul vaardighede teen gevestigde krieketskole te toets.
Spanprestasie
Die Kalahari Eagles het hul staal gewys met indrukwekkende vertonings:
- Oorwinning teen St John’s College
- Oorwinning teen Richard Bay Cricket Academy
- Gelykop teen St Stithians College
Die spelers het vinnig aangepas by die uitdagende Natalse kolfblaaie wat stadiger speel en draaiboulers bevoordeel.
Individuele Hoogtepunte
Kolfwerk:
- Zian Shepherd – 141*
- Myburgh de Klerk – 111
- Strauss van Heerden – 55
- Kopano Mosienyane – 52
Boulwerk:
- Ruben Marè – 5/11
- Myburgh de Klerk – 4/35
- Liam Laing – 3/12
- Kopano Mosienyane – 3/36
‘n Onvergeetlike hoogtepunt was die 430/8 wat die Eagles teen Richard Bay Cricket Academy in 50 boulbeurte aangeteken het – ’n merkwaardige prestasie op toer!

Hierdie week was meer as net wedstryde – dit was ’n geleentheid vir groei, ervaring en trots.







You must be logged in to post a comment.