Hoërskool Rustenburg se eerste tennisdogters span het gister in die NW-Tennisliga finaal teen Potchefstroom Gimnasium hul karakter en vasberadenheid ten toon gestel. Met ’n glansryke oorwinning het hulle die liga-titel ingepalm en ’n historiese bladsy vir Rustie-tennis geskryf.
Vir die eerste keer sedert 1992 – ná ’n wag van 34 jaar – is die gesogte NW Tennisliga-trofee weer in Rustie-hande. Hierdie prestasie bekroon ’n ongelooflike seisoen vol harde werk, deursettingsvermoë en spantrou.
’n Spesiale huldeblyk gaan aan ons twee matriekdogters, Niane Pretorius en Niccy Cloete, wat al vir vyf jaar die Rustie-tenniskenteken met trots gedra het en vandag hul skool se naam met waardigheid verewig het.
“Die wag is verby – die liga is ons s’n!”
https://hsrtb.co.za/
Foto’s verskaf






