Hoërskool Rustenburg se landloopatlete het vandag hul uithouvermoë en talent ten toon gestel by die NW-atletiekkampioenskappe wat by Bergsig plaasgevind het.
Die Rustie-langasems het die stof laat waai en met uitsonderlike prestasies die skool se naam met trots hoog gehou:
- Milan Young (o.15): 1ste plek – Kampioen!
- Liandri Rademan (o.16): 3de plek – Op die podium!
- Zanté Young (o.19): 5de plek
- CJ Naudé (o.17): 6de plek

Met hierdie indrukwekkende vertonings het al vier atlete amptelik gekwalifiseer vir die SA Skole Kampioenskappe wat op 3 Oktober plaasvind.
Foto’s verskaf







You must be logged in to post a comment.