Nuut Verkose VR-Leerlinge. Hoër Volkskool Heidelberg het hul nuut verkose VR-Leerlinge vir 2026/2027 aangewys. Hierdie jong leiers het die taak om Volkies se skoolemeenskap met toewyding en verantwoordelik te dien.
Leierskap by Hoër Volkskool Heidelberg is nie net ’n titel nie – dit is ’n roeping om ’n voorbeeld te wees, om ander aan te moedig en om met integriteit en respek te lei.
Die volgende leerders is gekies:
Seuns:
- Paul Barnard
- Omphile Bokako
- Liam Coetzee
- Rohan de Rouwe
- Carlo du Toit
- Janez Fritz
- Danie Hartzer
- Ewald Joubert
- Teaden Kotze
- Boer le Roux
- JR Liebenberg
- Liam Rocher
- Marco Smith
- Willem-Jan Sprong
- Rico Swart
- Stiaan van Rooyen
- Stian Vogel
- Tertius Wentzel.
Meisies:
- Ankia Meyer
- Mieke Nienaber
- Anneke Els
- Mikayla Baird
- Leoné Vallentyngoed
- Lené le Roux
- Carli Venter
- Deané Wheeler
- Emma Barnard
- Jua Rautenbach
- Lunel Greyling
- Carlie van Nieuwenhuizen
- Ingrid Venter
- Michelle de Beer
- Madeleen Lewis
- Suné Vermaak
- Amelia Strydom
- Amina Gani


Meer as 900 Volkies kyk na julle optrede, woorde en besluite. Julle rigting bepaal die pad wat ander sal volg.
Ons vertrou dat julle nie alleen sal lei nie, maar dat julle ook sal toelaat dat die Here julle stap vir stap begelei. Wanneer Hy die koers aandui, kan julle met wysheid, nederigheid en geloof ander inspireer.
“Mag julle hierdie rol met trots aanvaar, met moed uitleef en met geloof versterk. Julle is die draers van môre se visie – en ons glo dat julle ’n merkwaardige verskil gaan maak.”
Foto’s verskaf







You must be logged in to post a comment.