Met groot trots kondig Hoër Volkskool Heidelberg die Hoofleiers vir 2027 aan. Hierdie aanstelling is nie net ’n eer nie, maar ook ’n groot verantwoordelikheid – om die voorbeeld te stel, ander te inspireer en die waardes en tradisies van die Volkies uit te dra.
- Hoofmeisie: Madeleen Lewis
- Hoofseun: Rohan de Rouwe
Onderhoofmeisies:
- Carli Venter
- Jua Rautenbach
- Emma Barnard
Onderhoofseuns:
- Teaden Kotze
- Willem‑Jan Sprong
- Liam Coetzee

Mag julle hierdie termyn met wysheid, nederigheid, moed en integriteit aanpak. Ware leierskap lê nie in die titel wat jy dra nie, maar in die mense wat jy dien.
Meer as 900 leerders van Hoër Volkskool Heidelberg kyk na julle en volg waar julle lei. Lei met waardigheid, dien met liefde en wees die voorbeeld wat jy self graag wil volg.
“Ons bid julle ’n besonderse termyn toe en vertrou dat die Here julle elke tree van die pad sal lei.”
“Baie geluk, Volkies se nuwe hoofleiers! Volkies is trots op julle en sien uit na die impak wat julle gaan maak.”
Foto’s verskaf







You must be logged in to post a comment.