Oranje Juniorkoor kroon Suid-Afrika
Oranje se Juniorkoor het behaal 1ste plek in Suid-Afrika

Oranje Juniorkoor kroon Suid-Afrika


Primêre Meisieskool Oranje se Juniorkoor het geskiedenis gemaak deur die eerste plek landwyd in die gesogte ATKV-Applous-skoolkoorkompetisie te verower. Die finale rondte is van 29 Julie tot 1 Augustus in die Kaapstadse Stadsaal aangebied, waar ’n rekordgetal van 314 kore deelgeneem het – insluitend 63 juniorkore.

Oranje se dogters het nie net die hoogste eer behaal nie, maar ook die enigste Vrystaatse skool geword wat onder die TOP 10-kore in die land geëindig het. Hierdie prestasie is ’n bewys van hul talent, toewyding en harde werk.

Baie geluk aan dirigent mnr. Werner Stander, begeleier mev. Maretha Steyn, en elke lid van Oranje Juniorkoor wat met passie en trots gesing het. Oranje is ongelooflik trots op julle!

https://oranjeprimer.co.za/

Foto’s verskaf

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article